Sonde met die Honde - Venus
© J. Francois Barnard – Maart 2014
Venus was 'n Staffordshire terrier wat van die plaas af by ons kom aftree het. Oorlede Pa het haar van die plaas af gebring en verduidelik dat sy Bull Mastiff teef kleintjies gekry het. Elke keer as Venus belangstellend na die nuwe hondjies kom kyk het, het die Bull Mastiff Venus aangeval en stukkend gebyt.