My native language is Afrikaans. The youngest, and most modern language in the world! When I started this blog, I translated many of my articles into English. But some are bound to the idiom used in Afrikaans, and without this idiomatic context, the reader cannot understand what I mean. For instance, I cannot translate "En ekke vir jou" into English. The direct translation would be: "And I for you" which makes no sense. (The protagonist actually meant: "And I love you too!")

Dutch readers, however, should be able to follow most of the text. If you did, share it with your friends on Facebook or contact me. It is always lovely to get some feedback.

Die Kroonvirus

© J. Francois Barnard - 24 Julie 2021

Die Kroonvirus het nou al by almal van ons opgedaag. Maar ons gee hom nie 'n kans om 'n kroon te dra en oor ons te troon nie. Ons weerstaan hom met alles wat ons het. Met gebed, met entstowwe, met ivermektien.

Hy loop rond en steel waar hy kan. Baie mense huil, baie bid, maar ons hou aan met stry teen hom.

My familie het al deurgeloop. My suster en swaer, nog 'n swaer in Lichtenburg, my dogter, skoonseun en kleinseuns, 'n neef in George. Almal het swaargetrek, en ek is vandag dankbaar dat my geliefdes eindelik veilig is.

kroonvirusHoe weet jy dat jy die virus het? My dogter sê jy kan nie daardie bom in jou seuntjie se broek ruik nie. En hoe weet jy of jou kinders dit het? My dogter sê my kleinseuns het pomelo geëet sonder om 'n gesig te trek.

Maar my dierbare vriende, Fanie en Tertia le Roux stry nog daar in die Kloof Hospitaal. En die menigte wat lief is vir hulle stry saam. Hulle was onderwysers by Affies gewees, en al wat 'n oud-Affie is bid saam.

Ek is so bewus daarvan dat daar 'n oorlog aan die gang is vir menselewens. Hierdie is 'n tyd wat ons nie op enige iets anders as genade kan staatmaak nie. Ons identiteit in Christus kom opnuut in fokus en ons staan in weerstand teen hierdie siekte.

Soos Tertia sê, dis 'n Boosheid.

Vir die wat geliefdes verloor het, ek weet nie hoe om jou te troos nie. Ek kan net vertrou dat die Vertrooster jou die heling in jou hart sal gee.
Vir die wat nog stry: Moenie ophou nie. Moenie grond afstaan nie. Christus het self gesê: Hou goeie moed. Ek het die wêreld oorwin.

Intussen gaan ek aan met aanbidding. Ek moet aanhou om die Here te loof en te prys, want daar is regtig niks anders wat ek in hierdie omstandighede kan doen nie. Ons prys die Here, al loop die trane. Ons prys die Here, al lyk die prognose sleg.

Dis al wat ons kan doen. Ons prys die Here!